Privaatheidsbeleid

Harvesters Ministries het hierdie privaatheidsbeleid saamgestel om besighede, verbruikers, en die algemene publiek in te lig van hoe ons persoonlike inligting van mense invorder en gebruik.

Kontakbesonderhede

Om ‘n korreksie of die verwydering van jou persoonlike inligting aan te vra, of indien jy enige vrae of algemene kommentaar oor hierdie privaatheidsbeleid het, kontak ons gerus by:

Watter Inligting Samel Ons In?

Wanneer jy ons webtuistes besoek, mag daar van jou versoek word om twee tipes inligting aan ons te verskaf, naamlik: (i) persoonlike inligting wat van individue invorder word wat jy vrywiliglik invoer en, (ii) webtuistes gebruik inligting wat as geheelbeeld invorder word soos wat jy en ander individue ons webtuiste besoek. Vir analitiese en statistiese doeleindes, verkry Harvesters Ministries jou IP-adres outomaties wanneer jy ons webtuiste besoek (dit mag dalk in ons eie “server logs” sowel as op Google Analitiese data verskyn). In sommige gevalle word jou IP-adres as ‘n persoonlike identifiseringswyse beskou. Buiten jou IP-adres verkry, vorder ons geen ander persoonlike inligting sonder jou medewete in terwyl jy ons webtuiste besoek nie. Die tipe inligting wat ons invorder korrespondeer direk met die diens wat jy versoek. Byvoorbeeld, jy kan jou gedagtes, opinies, gebede, bekommernisse, idees, persoonlike ervarings, vrae, en/of voorstelle rakende ons artikels of materiaal deel; of jy kan versoek dat ‘n bron na jou gestuur word. Die tipe inligting wat ons invorder is bloot die inligting wat ons benodig om ons terugvoer op jou spesiefieke versoek te verwerk, soos jou naam en kontakbesonderhede. Indien jy versoek dat ‘n bron na jou toe gestuur word, sal Harvesters Ministries die nodige inligting van jou verlang om hierdie transaksie moontlik te maak en dit kan die volgende insluit: jou kontakbesonderhede, kredietkaartnommer, en ander transaksie inligting. Indien jy jou gedagtes, kommentare, opinies, bekommernisse, idees, en of persoonlike ervarings en getuienisse of gebedsversoeke, vrae, ens. bied, samel Harvesters Ministries daardie inligting in en mag moontlik daardie inligting gebruik in die afdeling genaamd “Gebruik van Inligting.”

Wat beskou ons as persoonlike inligting vir inwoners van die Europese Unie?

Harvesters Ministries werk in nakoming van die EU se Algemene Data Beskermingsregulasie (GDPR) omdat dit betrekking het tot hoe ons werk en data definieer wat ons van inwoners van lande in die EU verkry. Vir mense onder die EU en GDPR wetgewing word persoonlike inligting gedefinieer as:

 “any information relating to an identified or identifiable natural person (‘data subject’); an identifiable natural person is one who can be identified, directly or indirectly, in particular by reference to an identifier such as a name, an identification number, location data, an online identifier or to one or more factors specific to the physical, physiological, genetic, mental, economic, cultural or social identity of that natural person”.

Gebruik van Inligting

Harvesters Ministries behou die reg om die inligting wat deur jou verskaf word te gebruik vir:

  • Reageer op jou korrespondensie, vrae, kommentaar, voorstelle, gedagtes, opinies, gebede, bekommernisse, of idees om ‘n bron versoek af te handel.
  • Verwerk jou versoek vir bronne van ons aanlyn brondienste.
  • Voortdurende opdatering, ontwikkeling, ontwerp, en aanpassing van die inhoud van ons webtuiste om aan die behoeftes, belangstellings, en versoeke van ons gehoor te voldoen.
  • Kontak jou via e-pos om die spesifieke bron of inligting versoeke te bevestig, jou in te lig van nuwe produkte en spesiale aanbiedinge, of om inligting te verskaf wat ons dink vir jou van belang sal wees (jy kan enige tyd ons korrespondensie met jou kanselleer deur die “Teken uit” skakel onder aan enige e-pos te volg, of deur ons te kontak via {contact form link}.

Tipe inligting wat outomaties ingevorder word

Harvesters Ministries vorder die volgende kategorieё data in wat as persoonlike inligting of jurisdiksie geklassifiseer kan word:

  • Jou IP-adres (Dit laat ons toe om te weet waar jy geografies geleё is vir statistiese doeleindes. Dit word ook outomaties deur ons “servers” aangeteken vir sekuriteits- en probleemoplossingsdoeleindes.)
  • Jou soek aktiwiteit op ons webtuiste (Dit laat ons toe om keuses te maak wat gebaseer is op populariteit van enige gegewe blaaie of gebaseer op hoe mense deur ons webblad beweeg.)
  • Of jou soek aktiwiteite aan ‘n Facebook-blad, Google rekening, of enige ander nie-rekening gebaseerde aanlyn advertensie netwerke wat ons gebruik, gekoppel is. (Ons doen dit deur pixels te volg wat outomaties opgelaai word wanneer jy ons webtuiste oopmaak. Hierdie pixels laat ons toe om jou gedrag op ons webtuiste te volg. Afhangende van jou aktiwiteit mag ons kies om relevante advertensies op jou te mik op Facebook, Google, of ander platforms. Jy kan kies om nie langer toe te laat dat jou beweging deur middel van pixels gevolg mag word nie deur ons {contact form link} te voltooi of ons GDPR eienaar te kontak.)

Tipe inligting wat ingevorder word wanneer jy dit spesifiek aan ons verskaf

Harvesters Ministries vorder die volgende kategorieё persoonlike inligting in wanneer jy dit aan ons verskaf:

  • Jou naam
  • Jou posadres en/of rekening adres
  • Jou e-pos adres
  • Jou telefoonnommer en/of selfoonnommer
  • Enige persoonlike inligting wat jy vrywilliglik verskaf as gebedsversoek
  • Enige persoonlike inligting wat ingesluit word by jou donasie wanneer jy ‘n aanlyn donasie maak
  • Enige persoonlike inligting wat jy vrywilliglik verskaf deur ons kontakvorm, ‘n e-pos aan ons te stuur, insluitend ‘n kommentaar saam met jou donasie, boodskappe wat jy aan ons stuur deur sosiale media, of ‘n kommentaar wat jy maak in enige kommentaar area by ons artikels of ons sosiale media platforms.

Met Wie Deel Ons Inligting

Ons mag inligting rakende jou in sekere gevalle met derde partye deel, wat die volgende situasies insluit:

Affiliasies. Ons mag verskillende inligting deel met organisasies wat deur ons besit of beheer word, of met organisasies wat ons besit besit of beheer.

Blogs, Aanlyn Inskrywings, en Getuienisse. Ons mag inligting met die publiek deel wat jy publiseer in ‘n aanlyn resensie, kommentaar, blog, of boodskap.

Oorgangsfase. In die geval waar ons, of ‘n deel, of alles, of ons bates oorgeneem word, mag ons alle soorte inligting deel met die organisasie wat ons oorneem. Jy sal per e-pos in kennis gestel word en/of ‘n prominente kennisgewing sal op ons webtuiste gelaai word indien nuwe eienaars die organisasie sou oorneem, sowel as enige veranderinge rakende jou persoonlike inligting.

Wetstoepassing. Ons mag enige onwettige aktiwiteite by die polisie aanmeld, of inligting wat ons glo ‘n bydrae sal maak tot ‘n polisie ondersoek. Daarbenewens behou ons die reg om enige inligting aan die polisie te oorhandig, met ons eie diskressie, dat jy ons beleide skend, of as die inligting rakende jou ons regte, eiendom of veiligheid van ons of ‘n ander persoon sal beskerm.

Regsprosesse. Ons mag alle inligting met ander deel indien dit volgens wet vereis, of toegelaat, word. Dit mag die deel van inligting met regerings-entiteite, of derde partye met betrekking tot dagvaardigings, hofbevele en ander regsprosesse, insluit of as ons glo dit is noodsaaklik om ons regte uit te oefen, om ons te beskerm teen regs eise wat teen ons ingestel is, of om onsself te beskerm teen moontlike regs eise teen ons, wat ons volgens ons eie diskressie sal bepaal.

Diensverskaffers. Ons deel inligting met mense en maatskappye wat dienste aan ons verskaf. Hierdie dienste mag die volgende insluit (onder andere): verleen hulp aan ons om produkte of dienste te verskaf wat jy versoek, die ontwikkeling en onderhoud van ons databasisse, die navorsing of analise van die mense en finansiёle agtergronde van mense wat ons webtuistes gebruik, of die verwerking van inligting van ‘n betaling wat deur middel van ‘n kaart geskied.

Hoe Beskerm Ons Persoonlike Inligting van EU Inwoners Met Sekere Regte Onder die GDPR

Wanneer persoonlike inligting van enige inwoner van ‘n land binne die EU hanteer word, word sekere stappe geneem om te verseker dat die persoonlike inligting beskerm word deur die GDPR. Hierdie stappe sluit die volgende in, maar is nie beperk tot die volgende nie:

  • Ons maak seker dat jou persoonlike inligting nie na derde party verkopers, wat geen spesifieke besigheidsrede het om dit te besit nie, gestuur word nie. (Bv. Ons sal jou inligting na maatskappye stuur wat ons help om jou inligting te ontleed vir ons eie maatskappy doelwit. Ons sal ook jou inligting na derde party maatskappye stuur wanneer ons so verplig sou word deur ‘n kontrak.)
  • Wanneer ons nie meer jou inligting benodig vir die rede waarom ons dit ingevorder het nie, sal ons ontslae raak van die inligting soos wat die Harvesters Ministries data retensieprosedures dit voorskryf. As ‘n algemene reёl word persoonlike inligting nie met die hand vir langer tydperke as wat verlang word gestoor nie, veral wanneer daar regs redes vir retensie is soos vir inkomstebelasting en oudit doeleindes.
  • Hoe lank sekere tipes persoonlike inligting gestoor moet word, word ook gereguleer deur spesifieke besigheidssektor vereistes en ooreengekome praktyke. Persoonlike inligting mag langer as hierdie tydperke gehou word afhangend van inidividuele besigheidsbehoeftes.

Wat is “Cookies” en Hoe Gebruik Ons Inligting Wat Ons Van Hulle Verkry?

Ons webblad gebruik “cookies” om jou te onderskei van ander gebruikers en om jou aanlyn ervaring te verbeter deur die voorkoming van herhaalde advertensies of om van jou te verwag om in te teken meer as wat nodig is vir sekuriteitsdoeleindes. “Cookies”, in samewerking met ons webtuiste “server” se inteken lêers laat ons toe om die totale mense wat ons webtuiste besoek te bereken, asook watter dele van ons webtuiste die gewildste is. Dit help ons om terugvoer bymekaar te maak en om voortdurend ons webtuiste te verbeter en om van beter diens vir ons kliёnte te wees. “Cookies” laat ons nie toe om enige persoonlike inligting rakende jou te versamel nie en ons stoor oor die algemeen nie persoonlike inligting wat jy deur middel van “cookies” verskaf nie. “Cookies” word as standaard in die industrie beskou. Jou webleser (browser) is heel moontlik gestel om “cookies” te aanvaar. Indien jy sou kies om jou webleser te verander om “cookies” te weier, is dit moontlik dat sekere areas van ons webblad nie behoorlik sal funksioneer wanneer jy dit besoek nie.

Hoe Om “Pixels” en “Cookies” te Keer Om Jou Op te Spoor

Indien jy nie “pixels” en “cookies” op jou rekenaar gestoor wil hê wanneer jy ons webtuiste besoek nie, kan jy dit afskakel of hierdie praktyke stop deur die volgende stappe hier onder te volg.

Om “pixels” en “cookies” wat deur spesifieke dienste gebruik word te stop, gebruik ons:

Om “cookies” te blok of skoon te maak terwyl jy ons webtuiste besoek om webleser vlak:

Jy kan ook ‘n privaat of Incognito webleser gebruik om ons webtuiste te besoek sonder dat “pixels” of “cookies” gestoor word. Wees asseblief bewus dat indien jy tans ingeteken is by Google, Facebook, of ander dienste wat ons ‘n aparte “tab” binne jou privaat webleser gebruik, kan opsporingstegnologie steeds gebruik word totdat jy die privaat webleser toemaak.

Indien jy enige spesifieke vrae het rakende “pixels” of “cookies” wat nie hier genoem is nie, kontak ons gerus by [email protected].

Data Retensie Tydperk

Data retensie van jou persoonlike inligting mag verskil afhangend van waar dit in ons verskeie stelsels en platforms gestoor is, alhoewel oor die algemeen stoor ons jou inligting as volg:

  • IP-adresse en weblees aktiwiteite binne ons webtuiste word in verskeie vorme vir ‘n onbepaalde tyd gestoor.
  • Jou donasie en finansiёle rekords by ons word vir ten minste sewe (7) jaar gestoor, soos wat regerings regulasies vereis, en mag digitaal en ook fisies (uitgedruk) gestoor word.
  • Enige inligting wat jy per hand by ons indien deur enige van ons kontakvorms, e-pos adresse, of sosiale media platforms, kan vir ‘n onbepaalde tyd gestoor word en mag ook in “backups” gestoor word of verskuif word na van ons ander platforms. Dit help ons om jou beter te dien en om jou beter te antwoord.
  • E-posse wat jy aan ons stuur, word ook oor die algemeen gestoor vir ‘n tydperk van 5 jaar, maar sekere e-posse mag vir ‘n onbepaalde tydperk in verskeie vorme en digitale “backups” gestoor word.

Spesifieke Regte Toegestaan aan Inwoners van die Europese Unie Onderworpe aan GDPR Regte en Jurisdiksie:

Indien ons in die besit van of besig is om enige van jou persoonlike inligting te verwerk het jy die volgende regte:

  • Reg tot toegang – Jy het die reg om ‘n kopie van jou inligting aan te vra wat ons van jou het.
  • Reg tot regstelling – Jy het die reg om inligting reg te stel wat ons van jou het indien dit inkorrek of onvolledig is.
  • Reg om vergeet te word – In sekere gevalle het jy die reg om van ons te versoek om die inligting wat ons van jou het te verwyder van ons rekords.
  • Reg tot die beperking van verwerking – Waar sekere voorwaardes geld, het jy die reg om die verwerking van jou persoonlike inligting te beperk.
  • Reg tot verskuiwing – Jy het die reg om die inligting wat ons van jou het na ‘n ander organisasie toe te verskuif.
  • Reg om beswaar te maak – Jy het die reg om beswaar te maak teen sekere tipe verwerking soos direkte bemarking.
  • Reg om beswaar te maak teen outomatiese verwerking, insluitende profilering – Jy het ook die reg om onderhewig te wees aan regsgevolge van outomatiese verwerking of profilering.
  • Reg tot geregtelike hersiening – Indien Harvesters Ministries jou versoek tot toegang weier, sal ons vir jou rede gee waarom dit so is. Jy het die reg om te kla soos wat dit uiteengesit is in die afdeling getiteld “Klagtes Rakende Persoonlike Inligting Gebruike” hier onder.

Al die bogenoemde versoeke sal aangestuur word indien daar ‘n derde party betrokke is in die verwerking van jou persoonlike data. Alle versoeke om individuele regte uit te oefen onder die GDPR is onderworpe aan die bewys van identiteit onder “Bewys van Identiteit vir GDPR Verwante Versoeke” hier onder.

Klagtes Rakende Persoonlike Inligting Gebruik van Inwoners Afhangend van GDPR Jurisdiksie

Indien jy ‘n klagte wil lê oor jou persoonlike inligting wat deur Harvesters Ministries (of derde partye waarmee ons werk om inligting te hanteer) verwerk word, of hoe jou klagte hanteer was, het jy die volste reg om ‘n klagte direk by die toesighoudende outoriteit te lê en Harvesters Ministries se data beskermings-verteenwoordigers. Jy kan dit doen deur Hannes Enslin te kontak, wat dien as ons Data Beskermingsbeampte (DBB) / GDPR Eienaar. Hannes Enslin kan by [email protected] of by gekontak word.

Watter van my Persoonlike Inligting word gehou?

Harvesters Ministries kan op jou versoek bevestig watter inligting ons van jou hou en hoe dit verwerk word. Alle versoeke rakende persoonlike inligting onder GDPR is onderworpe aan bewys van identiteit soos uiteengesit onder “Bewys van Identiteit vir GDPR Verwante Versoeke” hier onder. Indien ons persoonlike inligting van jou hou, kan jy die volgende inligting versoek:

  • Identiteit en kontakbesonderhede van die persoon of organisasie wat bepaal het hoe en waarom jou inligting verwerk moet word. In party gevalle sal dit ‘n verteenwoordiger in die EU wees.
  • Kontakbesonderhede van die Data Beskermingsbeampte waar moontlik.
  • Die doel van die verwerking sowel as die wettige basis vir die verwerking.
  • Indien die verwerking gebaseer is op die wettige belangstellings van Harvesters Ministries of ‘n derde party, inligting oor daardie belangstellings.
  • Die kategorieё persoonlike inligting wat versamel, gestoor, en verwerk is.
  • Ontvangers of kategorieё van ontvangers wat die inligting is/of aan onthul sal word.
  • Indien ons van plan is om die persoonlike inligting na ‘n derde land of ‘n internasionale organisasie te verskuif, inligting oor hoe ons verseker dat dit veilig gedoen word. Die EU het dit goedgekeur dat persoonlike inligting na sekere lande gestuur kan word omdat hulle ‘n minimum standaard van inligting beskerming het. In ander gevalle sal ons verseker dat daar sekere maatstappe in plek is om jou inligting te bewaar.
  • Hoe lank die inligting gestoor sal word.
  • Besonderhede van jou regte om te korrigeer, uit te wis, beperk en beswaar maak teen sulke verwerking.
  • Inligting oor jou reg om toestemming enige tyd terug te trek.
  • Hoe om ‘n klagte by die toesighoudende outoriteit in te dien.
  • Of die verskaffing van persoonlike inligting ‘n statutêre of kontraktuele vereiste is, of ‘n vereiste noodsaaklik om die kontrak te betree, sowel as of jy verplig is om persoonlike inligting te verskaf en die moontlike gevolge indien jy nie hierdie inligting verskaf nie.
  • Die bron van persoonlike inligting indien dit nie direk van jou verkry is nie.
  • Enige besonderhede van inligting van outomatiese besluitneming, soos profilering, en enige betekenisvolle inligting oor die logika betrokke, sowel as die belangrikheid en verwagte gevolge van sulke verwerking.

Hoe om Jou GDPR Regte uit te Oefen of Persoonlike Inligting Onder GDPR te Versoek

As jy vir GDPR regte kwalifiseer en versoek inligting rakende die persoonlike inligting wat ons spesifiek van jou het, of as enige regte wat jy onder die GDPR het wil uitoefen, vereis ons van jou om ‘n bewys van jou identiteit te verskaf. Dit vereis werk aan jou kant, maar help ons ook om te verseker dat jou inligting beskerm word van derde partye wat dit namens jou kan versoek sonder jou toestemming. GDPR verwante versoeke kan deur die volgende skakels ingedien word:

Om ‘n bewys van jou identiteit te verskaf, maak asseblief ‘n kopie van ten minste een van die volgende dokumente: jou ID dokument, paspoort, bestuurderslisensie, of geboortesertifikaat. Heg ook ‘n kopie van jou bank- of kredietkaartstaat of munisipale rekening van die laaste drie maande wat jou huidige adres duidelik wys. As jy jou naam verander het, verskaf asseblief ‘n geldige bewys van jou wettige naamverandering soos dit in jou identiteitsdokument verskyn.

As jy nie in staat is om die bogenoemde dokumentasie te verskaf nie, of as ons rede het om te vermoed dat ‘n ongemagtigde derde party jou identiteit in gedrag geplaas het en jou inligting namens jou versoek, behou ons die reg om te versoek dat die bogenoemde inligting deur ‘n Openbare Notaris getuig en neergeskryf word, of in uitsonderlike gevalle, ingedien word deur offisiёle kanale wat jou regsverteenwoordiger of regsspan insluit. Ons behou ook die reg om alternatiewe vorme van identifikasie te oorweeg indien jy nie voldoen aan die bogenoemde standaarde nie. Laastens behou ons die reg om te weier om jou versoek te gehoorsaam indien ons alle redelike metodes gebruik het om jou identiteit te verifieër en steeds nie kan vasstel dat jy is wie jy voorgee om te wees nie.

Daarbenewens, indien jy die persoonlike inligting van iemand anders versoek of versoek dat ons op sekere GDPR regte van iemand anders optree, word daar van jou vereis om ‘n bewys van jou eie identiteit en bewys van jou wettige outoriteit om versoeke namens die individu wat se inligting ons besit te rig, insluitend een van die volgende items:

  • Geskrewe toestemming wat onderteken is deur die persoon wat se inligting ons het (in sekere gevalle met ons diskressie, behou ons die reg om te versoek dat die brief genotariseer moet word.)
  • ‘n Gesertifiseerde Bevelskrif
  • Bewys dat jy ouerlike regte het oor die persoon wat se inligting ons het, indien hulle nie as jou wettige kind beskou word nie.

Indien enige deel van jou versoek onduidelik is of indien jy verdere duidelikheid van enige aard benodig, sal ons jou kontak voor ons jou versoek verwerk. Indien ons vir enige rede nie jou versoek kan verwerk nie, sal ons jou kontak met ‘n verduideliking. Indien die inligting wat jy versoek die persoonlike inligting of regte van ‘n ander individu of individue in gedrang plaas, sal ons eers die betrokke partye kontak om hulle toestemming te kry om hulle inligting by jou versoek te voeg. Ons sal jou ook kontak indien ‘n ander individu se versoek jou persoonlike inligting of regte in gedrang sal plaas.

Sekere wette mag ons toelaat of van ons versoek om die verwerking van jou persoonlike inligting of die voorsiening van jou persoonlike inligting te verbied. Daarbenewens, indien ons jou persoonlike inligting vernietig het of dit anoniem gemaak (soos GDPR toelaat) as deel van ons data beskerming en integriteit praktyke, sal ons dit nie aan jou kan voorsien nie. In hierdie geval bestaan jou persoonlike identifiseerbare inligting nie meer nie of kan dit nie meer gebruik word om jou beide in ons interne of eksterne stelsels te identifiseer nie.

Pos Voorkeure

E-pos: Harvesters Ministries kommunikeer met ons vennote/kliёnte via e-pos. ‘n “Uitteken” skakel word in elke e-pos wat ons stuur ingesluit. Indien jy ‘n e-pos van ons ontvang en nie langer kommunikasie via e-pos wil ontvang nie, klik slegs op die “uitteken” skakel wat verskaf word en jy sal dadelik en outomaties nie meer e-posse van ons ontvang nie. Indien jy enige probleme met die “uitteken” skakel ondervind, mag jy vra om verwyder te word deur ons <>.

Deel van e-pos lyste met derde partye: Harvesters Ministries mag alliansies, vennootskappe, of ander ooreenkomste met derde partye aangaan wat toegang tot kontakbesonderhede insluitend jou naam en adres mag verkry, vir die doel om jou van inligting te voorsien rakende produkte en dienste wat ons dink van belang vir jou mag wees. Donateur inligting word nie in hierdie ooreenkomste gedeel nie. Indien jy dit sou verkies om nie e-posse van hierdie organisasies te ontvang nie, laat weet ons asseblief deur ons hier te kontak. <>

Donateur inligting (soos naam, adres, e-pos adres) wat jy aan Harvesters Ministries toevertrou word nie met enige derde party sonder jou toestemming gedeel nie.

Hoe Beskerm Ons Jou Inligting?

E-pos word nie herken as ‘n veilige medium van kommunikasie nie. Vir hierdie rede versoek ons dat jy nie privaat inligting via e-pos vir ons stuur nie. Van die inligting wat jy op ons webtuiste invoer, mag via Secure Sockets Layer (SSL), 128 bit enkriptiese dienste veilig gestuur word. Webblaaie wat hierdie tegnologie gebruik, sal URL’s hê wat met HTTPS begin in pleks van HTTP. Kontak ons asseblief hier, indien jy enige vrae of bekommernisse het.

Wat van Ander Webtuistes wat aan Ons Webtuiste Gekoppel is?

Ons is nie verantwoordelik vir die werkinge van webtuistes wat aan ons webtuiste gekoppel is nie, ook nie die inligting of inhoud wat dit bevat nie. Baie keer word skakels na ander webtuistes voorsien slegs om inligting rakende sekere onderwerpe, wat bruikbaar vir die gebruikers van ons webtuiste mag wees, uit te wys. Onthou asseblief dat wanneer jy skakel gebruik om van ons webtuiste na ‘n webtuiste te gaan is ons Privaatheidsbeleid nie langer in werking nie. Jou soeke op die internet en interaksie op enige ander webtuiste, insluitend webtuistes wat ‘n skakel op ons webtuiste het, is onderhewig aan daardie webtuiste se eie reёls en beleide. Lees asseblief eers deur die reёls en beleide voordat jy voortgaan.

Jou toestemming

Deur ons webtuiste te besoek en te gebruik gee jy toestemming dat ons jou inligting mag versamel en gebruik soos uiteengesit in ons Privaatheidsbeleid. Indien ons ons privaatheidsbeleide en prosedures verander, sal ons die veranderinge op ons webtuiste plaas om jou bewus te maak van die inligting wat ons versamel, hoe ons dit gebruik en onder watter omstandighede ons dit mag onthul. Jy mag enige tyd versoek om enige veranderinge en opdaterings te besigtig via ‘n e-pos (surface mail).

Indien jy ‘n inwoner van die Europese Unie is, het jy die reg om jou toestemming enige tyd terug te trek deur die prosedures te volg soos dit uiteengesit is in die afdeling onder die GDPR. Wanneer jy toestemming onttrek, stem jy in om onmiddelik alle gebruik van ons webtuiste en digitale platforms te staak. Indien jy besluit om voort te gaan met die gebruik van ons webtuiste of digitale platforms nadat jy toestemming onttrek het, moet jy verstaan dat ons Terme van Gebruik en Privaatheidsbeleid weer vir jou sal geld (afhangend van waar jy is en die jurisdiksie waaronder jy val, vereis dit nie noodwendig jou toestemming nie) en mag ons weer persoonlike inligting oor jou begin versamel, asook jou soektog gewoontes soos dit uiteengesit is in hierdie Privaatheidsbeleid.

Kennisgewing van Veranderinge

Die Privaatheidsbeleide is onderhewig aan periodiese hersiening en veranderinge. Om die huidige Privaatheidsbeleid te besigtig, moet jy hierdie afdeling van die webtuiste besoek. Indien ons ons privaatheidsbeleid fisies verander, sal ons daardie veranderinge in hierdie dokument aanbring asook op ander plekke wat ons as geskik beskou, sodat verbruikers bewus is van die inligting wat ons versamel, hoe dit gebruik word, en onder watter omstandighede, indien enigsins, ons dit onthul. In sommige gevalle wanneer ons ‘n kennisgewing oplaai, mag ons dit ook per e-pos aan verbruikers stuur wat gemeld het dat hulle kommunikasie van ons wil ontvang, om hulle in kennis te stel van die veranderinge in ons privaatheidspraktyke.

Hoe Kommunikeer Ons met Jou

Wanneer ons jou moet kontak, of dit vereis word, rakende ‘n gebeurtenis wat jou inligting raak, sal ons dit via e-pos, telefonies, of per pos doen.

Mees Onlangse Privaatheidsbeleid

Hierdie dokument, laas opgedateer op 04/02/2019, is ons mees onlangse en enigste aktiewe privaatheidsbeleid. Dit vervang alle vorige privaatheidsbeleide wat ons voorheen in plek gehad het en jou voortgesette gebruik van hierdie webtuiste en diens is voorwaardelik op jou aanvaarding van hierdie privaatheidsbeleid in geheel, of die regte hoeveelheid om dit wettig toepaslik te maak.

PRIVAATHEIDSBELEID – DONATEURS

Harvesters Ministries het hierdie privaatheidbeleid saamgestel om ons toewyding te demonstreer. Die volgende wys hoe ons inligting versamel en ons verspreiding beleid. Die punt is:

Persoonlike inligting (soos jou naam, adres, e-pos adres) wat jy aan Harvesters Ministries toevertrou sal nooit met enige derde party gedeel word sonder jou toestemming om dit te doen nie.

VERSAMELING VAN INLIGTING

Harvesters Ministries versamel nie persoonlike inligting sonder jou kennis terwyl jy ons webtuiste besoek nie. Alhoewel, Harvesters Ministries laat jou toe om jou persoonlike inligting op ons webtuiste te verskaf. Die tipe inligting wat ons versamel stem ooreen met die diens wat jy versoek. Byvoorbeeld, jy kan jou gedagtes, opinies, gebede, bekommernisse, idees, persoonlike ervarings, vrae en of voorstelle rakende ons artikels of materiaal deel, of jy kan versoek dat ‘n bron direk na jou gestuur word. Die tipe inligting wat ons versamel, is slegs die inligting wat ons benodig om jou versoek uit te voer, soos jou naam en kontakbesonderhede. Indien jy versoek dat ‘n bron na jou gestuur moet word, sal Harvesters Ministries die inligting versamel wat nodig is om hierdie transaksie te voltooi, dit mag jou kontakbesonderhede, kredietkaartnommer, en ander transaksie inligting insluit. Indien jy jou gedagtes, kommentare, opinies, bekommernisse, idees, persoonlike ervarings getuienisse, gebedsversoeke deel, vrae vra, ens., versamel Harvesters Ministries die inligting en mag die inligting gebruik in een van die maniere, soos uiteengesit in die volgende afdeling genaamd “Gebruik van Inligting”, gebruik.

GEBRUIK VAN INLIGTING

Harvesters Ministries behou die reg om alle inligting wat deur jou verskaf word te gebruik om:

  • Reageer op jou korrespondensie, vrae, kommentare, voorstelle, gedagtes, opinies, gebede, bekommernisse, of idees om ‘n hulpbron versoek aft e handel.
  • Verwerk jou versoek vir hulpbronne van ons aanlyn donasiediens.
  • Deurgaans die inhoud van ons webtuiste op te dateer, ontwikkel, ontwerp, en aanpas om die behoeftes, belangstellings, en versoeke van ons gehoor te bevredig.
  • Publiseer jou kommentare or getuienisse in ons bemarkingsmateriaal.
  • Kontak jou via e-pos om ‘n spesifieke bron of inligting versoeke te bevestig, om jou in te lig van nuwe produkte en spesiale aanbiedinge, of om inligting te verskaf wat ons dink vir jou van belang mag wees.

E-POS LYSTE

Die intekening tot ‘n e-pos lys wat deur Harvesters Ministries verskaf word vereis die toestemming van die eienaar van die e-pos adres. Dit word deur ‘n dubbele inteken proses gedoen en word aangeteken om te verifieer dat die intekening geldig is en voldoen aan die anti-gemorspos regulasies. E-pos lyste sluit kontakbesonderhede soos ons posadres, foonnommer, lysbestuurder se e-pos adres, en onmiddelike uitteken knoppie in. Ons deel nie jou e-pos adres met iemand nie en teken nie jou e-pos adres in op ander Harvesters Ministries lyste nie.

KOPIEREG ©

Alle inhoud op hierdie webtuiste, soos teks, grafika, logos, foto’s, oudio/video insetsels en skakels, en sagteware is die eiendom van Harvesters Ministries, of sy inhoudverskaffers, en alles is beskerm deur die kopiereg wette van die Verenigde State van Amerika en wêreldwyd deur verskeie kopiereg en intellektuele eiendomswette en ooreenkomste. Enige gebruik, insluitend reproduksie, aanpassing, verspreiding, transmissie, republikasie, uitstal of die uitvoer van inhoud op hierdie webtuiste, is streng verbode sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Harvesters Ministries tensy andersins hier in uiteengesit.

VRYWARING

HIERDIE WEBTUISTE WORD DEUR Harvesters Ministries OP ‘N ‘VOETSTOOTS’ BASIS VOORSIEN, EN Harvesters Ministries MAAK GEEN VERTEENWOORDIGING OF WAARBORGE VAN ENIGE AARD NIE, GESTIPULEER OF GEIMPLISEER NIE, MET BETREKKING TOT DIE WERKING VAN DIE WEBTUISTE OF DIE INLIGTING, INHOUD, MATERIAAL, OF PRODUKTE INGESLUIT IN HIERDIE WEBTUISTE. TOT DIE VOLLE OMGANG TOELAATBAAR DEUR DIE GEPASTE WET, ONTKEN Harvesters Ministries ALLE WAARBORGE, GESTIPULEER OF GEIMPLISEER, INSLUITEND GESKIKTHEID VIR ‘N SPESIFIEKE DOELWIT. Harvesters Ministries SAL NIE VERANTWOORDELIK GEHOU WORD VIR ENIGE SKADE VAN ENIGE AARD WAT VOORTSPRUIT VAN DIE GEBRUIK VAN HIERDIE WEBTUISTE, INSLUITEND, MAAR NIE BEPERK TOT, DIREKTE, INDIREKTE, TOEVALLIGE, BESTRAFFENDE, EN GEVOLGLIKE SKADE NIE.

SEKURITEIT VAN MY REKENING GEE

Jou inligting integriteit is vir ons uiters belangrik. Die diens wat ons gebruik om aanlyn donasies te ontvang, Stripe.com, is voldoen aan die vereistes van PCI, en is toegewyd daartoe om uitstekende diens vir ons aanlyn donateurs te lewer. Om aan PCI vereistes te voldoen is die Payment Card Industry Data Security Standard, ‘n wêreldwye maatstaf wat deur kaartmaatskappye gebruik word vir die beskerming van die kaarthouer se identiteit en transaksie inligting.

Wil jy hê dat die hele wêreld Jesus moet ken? Kry eksklusiewe nuus, stories en gebedsversoeke. Lees hoe God Sy Kerk uitbrei en lewens tot Sy eer verander.