Based on your location, it seems you may have been looking for HARVESTERS MINISTRIES United States.

Take me there now  or  I want to stay here

Blog

Die Kerk op die Rivier

(Foto: Francois Rauch)

Harvesters Ministries het al op interessante plekke kerke geplant – in bushaltes, in barbierwinkels, in vlugtelingkampe, in die Masai Mara – die kerk op bene, kerslig kerke in Zanzibar en in baie, baie stede en vergete nedersettings regoor Afrika. Die tyd het aangebreek om kerke in Brasiliё en in die Amasone te plant – spesifiek onder die “Riviermense” van die Amasone. Maar wie is hierdie “Rivermense”?

Hierdie mense woon in hulle hordes op die rivieroewers van die Amasone. Plaaslike sendelinge glo dat daar tot 10 000 van hierdie geїsoleerde nedersettings is, sonder enige toegang tot ‘n kerk. God het Harvesters Ministries geroep om die weg oop te maak – selfs in die oerwoud!

(Foto: Francois Rauch)

Bid asseblief saam met ons vir die Harvesters-span wat in hierdie afgesonderde nedersettings in die Amasone leraars oplei. Bid dat God hulle deurentyd sal beskerm. Bid dat die nuut opgeleide Hub-leiers met die Heilige Gees vervul sal wees en dat hulle God voortdurend sal vertrou vir moed om daagliks uit te gaan en verlore siele te evangeliseer. Bid dat dié wat tot bekering kom ‘n voorbeeld in hul nedersetting sal stel en ander na Christus sal lei. Ons dien ‘n ongelooflike God en by Hom is alles moontlik!

“Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droё wêreld riviere ontspring.” Jesaja 43:19

Topics: Kerkplanting

Wil jy hê dat die hele wêreld Jesus moet ken? Kry eksklusiewe nuus, stories en gebedsversoeke. Lees hoe God Sy Kerk uitbrei en lewens tot Sy eer verander.