MAAK DIE WEG OOP SODAT DIE WÊRELD VIR JESUS KAN KEN.

HELP OM KERKE TE PLANT

KERKPLANTING WORD PERSOONLIK GEMAAK

Meer as 58 500 kerke is reeds geplant. Harvesters is besig om kerke regoor die wêreld te vermenigvuldig teen ‘n toenemende tempo. In plaas van in geboue, plant ons die Woord van God in die mees ontvanklike plek moontlik – die menslike hart. Dit is hoe ons die Evangelie toeganklik maak vir meer en meer mense. Ons neem die Evangelie na hulle toe. As hierdie vir jou bekend klink – dit is. Dit is hoe die vroeë kerk ook uitgebrei het.

MEER HIEROOR

OM DIE ONBEREIKTES TE BEREIK

Om die Groot Opdrag na te kom beteken meer as kerktorings, stene en sement. Dit beteken ‘n totale herdefiniëring van die term “kerk”. Hierdie herdefiniëring is die beginpunt vir Harvesters en die unieke dissipelskapmodel wat ons gebruik. Ons model versadig die wêreld met kerke. Elke mens moet binne loopafstand wees van ‘n goeie bybelse kerk.

MEER HIEROOR

Wil jy hê dat die hele wêreld Jesus moet ken? Kry eksklusiewe nuus, stories en gebedsversoeke. Lees hoe God Sy Kerk uitbrei en lewens tot Sy eer verander.